top of page
Header.jpg

Gebore vir die buitelug.
Gemaak vir avontuur!

Stars.jpg

Wat maak
dié kursus anders?

Kry 'n

werk-waarborg*

NQF2-kwalifikasie

ingesluit

Leer praktiese

vaardighede

Bekroonde

opleiers

20 jaar-lange

vertroue

Nr.1

op Trustpilot

*Ons waarborg dat kwalifiserende Suid-Afrikaanse gegradueerdes van ons 12-maande Praktiese Wildbestuurkursus binne twaalf maande ná kwalifisering 'n werkaanbod sal ontvang. Leer meer hier.

Bushwise
Praktiese Wildbestuurkursus - 6/12 maande

Hierdie intensiewe en omvattende kursus is perfek vir jou as jy mal is oor die buitelug en die natuur, maar as jy verkies om deel te wees van die aksie. Leer alles wat jy nodig het om ’n wildsplaas of reservaat suksesvol te bestuur!

TYDSDUUR: 6 of 12 MAANDE

Volgende begindatum: 8 JUL 2026

Formaat: Op kampus

Akkreditasie: CATHSSETA

Ouderdom: 18+

reserve-management.jpg
Award-winning-trainers.jpg

Belangrike vaardighede vir loopbane in wildbestuur en toerisme

As jy daaroor droom om met wilde diere te werk, is hierdie Praktiese Wildbestuurkursus ’n vinnige manier om jou te help om jou loopbaan in die industrie af te skop. 

 

Tydens die kursus sal jy belangrike praktiese vaardighede ontwikkel in ’n groot verskeidenheid velde – van reservaatbestuur, eko-toerisme en teenstropery, tot wildbewaring, lodge-logistieke en die basiese vaardighede van ’n veldgids. Jy sal leef en leer op kampus in die hartjie van die bos met toegang tot ’n pragtige Groot Vyf-reservaat.

 

Geen dag is dieselfde nie. Onder leiding van Bushwise se top-instrukteurs sal jy alles leer – van Groot Vyf-bewaringsinisiatiewe saam met veeartse, sekuriteit, 4X4-bestuur, wapenhantering en wildbestuur tot hoe om ‘n servet ordentlik te vou!

 

As jy binnekort klaar maak met skool, tans studeer, of desperaat is om jou kantoor te ruil vir ‘n loopbaan in die buitelug, sal hierdie kursus vir jou lekker breë blootstelling gee aan verskillende beroepe in die bedryf. 

 

Rol jou moue op, kry nuwe vaardighede, bou  jou CV en vind uit wat jou toekoms inhou!

 

En die beste van alles? Jy het geen akademiese sertifikate of puntestate nodig om in te skryf nie - slegs ’n lekker positiewe houding en ’n passie vir die natuur!  

Hoekom moet jy wildbestuur by Bushwise studeer?

Die vinnigste roete tot ’n wilde loopbaan

Hierdie is jou vinnigste manier om ’n werk los te slaan in die bedryf! Kry jou kwalifikasie binne slegs ses maande – en, as jy praktiese ervaring wil kry, kan jy vir nog ses maande geplaas word in ’n werk. 

 

Ons is so oortuig dat jy ’n werk sal kry na jou kursus, dat as jy nie ’n werksaanbod binne 12 maande kry nie, ons tot 50% van jou fooie sal terugbetaal.*

 

Praktiese opleiding in die bos

As jy daarvan hou om in ’n kantoor agter ’n lessenaar te sit en werk, is hierdie kursus heel waarskynlik nie vir jou nie. 

Tydens die kursus sal jy elke dag in die buitelug leer en werk, sodat jy die praktiese vaardighede kan ontwikkel wat nodig is om ’n wildsplaas te bestuur. Jy sal leer hoe om strikkameras op te stel, hoe om heinings te span en meer. 

Dis fisies. Dis uitdagend. Dis hope pret! 
 

 ’n Wye spektrum vaardighede

As jy met wilde diere wil werk, maar jy is nie heeltemal seker watter werk jou die beste sal pas nie, is hierdie kursus ’n goeie manier om uit te vind.

Beleef al die verskillende aspekte van wildbestuur en ontdek waarvan jy die meeste hou en watter aspek jou die beste pas.
 

’n Onvergeetlike avontuur

By Bushwise, werk ons hard, maar ons speel selfs harder!

Op die kursus sal jy natuurliefhebbers soos jy van regoor die land ontmoet, onder die sterre slaap en nuwe vriende maak. 

Elke dag bring nuwe avonture. Is jy reg vir die uitdaging van ’n leeftyd?
 

Wat’s die verskil tussen ’n veldgids, reservaatbestuurder en wildbewaarder?

In verskillende industrieë word hierdie terme los-en-vas gebruik, maar elkeen verwys eintlik na totale unieke beroepe. Hier is ’n vinnige verduideliking:

 

Veldgids / Safarigids: Hierdie twee terme is dieselfde en verwys na opgeleide werkeers wat gaste op wildsritte en wild-staptogte neem. Hulle is natuurkenners en kan wilde diere se gedrag interpreteer en verduidelik, hulle kan die omgewing lees en oorvertel en ondersteun bewaringsprojekte. 

 

Hulle is uitstekend daarmee om stories te vertel, en hulle fokus is gemik op die gaste se ervaring, veiligheid en opleiding. In Suid-Afrika, moet jy ’n CATHSSETA Nature Site guide (NQF2)-kwalifikasie ontvang om te kan werk as ‘n veldgids. En in hierdie kursus, sal jy werk om die kwalifikasie te kry.

 

Wildbewaarder / Reservaatbesturder: Hierdie is beroepe  wat meer agter die skerms werk. Wildbewaarders bestuur die omgewing en wilde diere op die reservaat en help met take soos habitatbestuur, heining-herstelwerk, pad-instandhouding, teenstropery, wildtellings en bewaringsprojekte. Hulle werk gewoonlik nie direk met gaste nie, maar hulle speel ’n groot rol om seker te maak die reservaat word goed bestuur!

Professionale Safari / Toerisme-besturders: Hierdie is wyer terme wat beide veldgidse en reservaatbestuurs kan insluit, sowel as gasvryheidsbedryfrolle soos lodge-bestuurders of gaste-interaksies.

 

Die Praktiese Wilbestuurkursus is ontwerp om vir jou blootstelling te gee aan al hierdie verskillende sektore en beroepe, sodat jy kan uitvind watter werk jou die beste sal pas. Wie weet? Dalk wil jy gaste uitvat op wildsritte, of eerder verantwoordelik wees vir die instandhouding van die plaas – wat ook al jou passie is, jy sal dit hier ontdek!

Meer oor die kursus

Is jy reg vir een van die mees praktiese, intensiewe, avontuurbelaaide kursusse van jou lewe? 

 

Die Praktiese Wildbestuurkursus sal jou voorberei vir regte werke in reservaatbestuur, eko-toerisme, teenstropery en bewaringsprojekte. Jy sal al die verskillende aspekte van wildbestuur beleef en ontdek waarvan jy die meeste hou en uitvind watter aspek jou die beste pas. 

Afhangende van die gebeurtenisse op kampus, kan aktiwiteite insluit:

  • 4x4-bestuur

  • Beheerde veldbrande

  • Bewaringsinisiatiewe

  • Teenstropery met K9-honde

  • Veldgidskennis

  • Wapenhantering

  • Stapgidsvaardighede

  • Wildtellings

  • Veldbestuur

  • Habitatbestuur

  • Erosiebestuur

en vele meer!

 

As jy die 12-maande-opsie kies, sal die tweede helfte van jou kursus ’n ses-maande werksplasing wees waar jy by ‘n reservaat of toerismebedryf sal werk. Dit is ’n wonderlike geleentheid om praktiese werkservaring te kry, te sien hoe dit werklik is in die bedryf, en jou CV te verbeter.

Hoekom Bushwise?

Bushwise is al vir bykans 20 jaar ’n baanbreker in die bedryf met ’n missie om kwaliteit, etiese opleiding aan gidse te bied. 

 

Oor die jare het Bushwise ’n reputasie opgebou as een van die beste opleidingsinstansies in Suid-Afrika wat top gidse oplewer wat nie net uitstekend in hul werk is nie, maar wat ook passievoel is oor natuurbewaring.

Bekroonde opleiers en instrukteurs

Die Bushwise-opleiers bestaan uit ’n span top gidse en spesialiste - sommige wat al voorheen die Safari Guide of the Year-kompetisie gewen het! Ons opleiers is almal kenners in hul velde en is toegewyd om deurlopend hul vaardighede en kennis op te skerp.

 

Hulle het gesamentlik oor 150 jaar se ervaring en beskik oor ’n groot verskeidenheid spesialiteitsareas soos entomologie, ornitologie, bewaring, wapenhantering, botanie en meer.

employment-guarantee.jpg

Werk-waarborg*

Bushwise is die enigste opleiers in die industrie wat ’n werk-waarborg insluit. Dit beteken dat ons waarborg dat alle Suid-Afrikaners wat die 12-maande Praktiese Wildbestuur-kursus suksesvol voltooi, ’n werksaanbod in die bedryf sal ontvang, binne 12 maande na hul die kwalifkasie voltooi het.

* Slegs vir relevant  studente wat aan die vereistes voldoen.

Vind meer uit oor ons waarborge hier.

no-1-rated-on-TrustPilot.jpg

Top resensies en graderings

Ons is trots daarop om die top-gegradeerde opleidingsverskaffer op TrustPilot te wees, asook uitstekende resensies op ander platforms soos Google, Facebook, GoAbroad en GoOverseas. Ons alumni is professioneel en vol selfvertroue, en hul resensies spreek boekdele oor die kwaliteit van ons opleiding en die ondersteuning wat ons deurlopend bied.

Industrie se enigste 360° loopbaan- en werwingsdiens

Bushwise is die enigste opleidingsverskaffer met ’n loopbaan-en werwingsdiens wat ontwerp is om werknemers en werkgewers in die industrie te ondersteun. 

 

Met ons netwerk van lodges, reservate en vennote regoor Suider-Afrika, help ons die beste mense in die bedryf om die beste werke te vind.

 

Of dit nou permanente plasings, korttermynkontrakte of seisoenale rolle is, ons werwingspan werk met almal – van studente tot ervare senior-werknemers. Ons bied ook gratis loopbaanadvies-sessies aan om jou te help om jou volgende stap te bepaal en seker te maak jy floreer in jou loopbaan. 

Why-choose-bushwise.jpg

Werksplasings [Slegs 12-maande kursus]

Tydens die 12-maande kursus sal jy die geleentheid kry om vir ses maande lank regte werkservaring te kry by ’n wildsplaas, reservaat of lodge in Suid-Afrika.

 

Jou werksplasing sal afhang van jou spesifieke eienskappe, vaardighede, werksetiek, belangstellings en loopbaandoelwitte. Ons span sal jou vordering deurlopend dophou en nadat jy jou eerste ses maande voltooi het, sal ons jou help om ’n plasing te kry wat so goed as moontlik by jou pas.

 

Let asseblief dat as jy besluit om ‘n veldgids te word, sal jy ’n relevante werksplasing kry, maar slegs gidse van 21 jaar en ouer sal gaste mag rondry met ’n professionele rybewys (PrDp). Daar is wel talle ander geleenthede beskikbaar soos staproetes, perdry-wildsritte of bewaringsrolle.

Meer as 20 jaar se ervaring

 Bushwise is al vir meer as twee dekades lank ’n bekende naam in die safari-, natuurbewaring- en gasvryheidsbedrywe. As gevolg van ons jarelange toewyding tot kwaliteit opleiding en noue vennootskappe in die industrie, het duisende gidse reeds hul kursus voltooi en suksesvolle loopbane afgeskop.

Ondersteuning met elke tree

By Bushwise is jy nooit alleen nie. Ons maak seker jou veiligheid, welstand en opleiding is ons prioriteit. 

 

Ons praktiese kursusse bied uitstekende persoonlike ondersteuning aan ons studente, sowel as noodhulp en deurlopende akademiese ondersteuning. Of jy hulp nodig het om ’n nuwe konsep te verstaan, of aanpas by ’n lewe in die bos – ons opleiers, kantoorpersoneel en ondersteuningspan is daar vir jou en het jare se ondervinding met studente.

Kursus besonderhede

Spesiale aanbod – 
kry R49,000* af!

Slegs geldig tot 28 Feb.

*R49,000 af op 12-maande kursusse
* R44,000 af op 6-maande kursusse

Website banner image (1).jpg

Kry R49,000* af op jou kursus as jy in Feb inskryf.
Spesiale aanbod! *R49k af op 12-maande kursusse | R44k af op 6-maande kursusse

bottom of page